FRAGMENTARIESE AANTEKENINGE OOR DIE ONTSTAAN VAN ONS KERKGENOOTSKAP

“En julle sal My getuies wees… gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie” (Markus 16:5)

“… en die bediening wat ek van die Here ontvang het om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God …” (Hand.20:24)

 

“… die evangelie van die heeerlikheid wat aan my toevetrou is …” (1Tim.1:11)

Hierdie en ander aanhalings uit die Woord van God het seker menigte godsdienstige en gelowige aangevuur om vir hulle eie godsverering en vir die verdoemde mensdom se saligheid voortgedryf om langs genoemde kwotasies die geloofspad te braveer.  So is die wêreld verryk deur magtige geloofsorganisasies wat met God se hulp en bystand hul in die verspreiding van die evangelie toegepas en toegewy het.

 

So het die Volkskerk van Afrika met geloof, vertroue en ernstige begeerte ook tot hierdie geloofstoneel toegetree, gewapen met onwrikbare oortuiging dat God Sy koningryk sal behartig.  Hierdie geloofsopvatting was dan die kern en grondgedagte waarmee die organisasie haar aan die wêreld aangekondig het.

Daar moes by die daarstelling van die kerkgenootskap in gedagte gehou word dat algemene beginsels in die ontwikkeling van sulke oorwegings soos leerstellings, geloofsbelydenisse, dogma en groot verskil van teologiese stelsels ens. geld.  Gedagtig dat daar ‘n fundamentele eenheid verskuil lê agter die uiteenlopenheid van godsdienstige ontwikkeling; daar is besonders gewaak teen die verkleinering van die gedagtes van ouer gevestigde denominasies – dat daar saam-saam(side-by-side) met ouer gevestidge christelike liggame op die Nuwe Testamentleer voortgebou sal word.  Haar leerstelling, dogma geloofsartikels, regeringsvorm ens.  Het in wese nie so verander van ander bestaande godsdienstige liggame dat dit beskou kan word as kettery of die invoer van godsdienstige vorms wat die universeel sou benadeel nie – gebou op die geloof van Jesus Christus, die Seun van God en Sy heilige apostels word aan die wêreld by haar stigting verklaar.  Daar is beliggaam dit wat op die geloofsvlak verlang en noodsaaklik beskou word.

Haar leer en dogma word gebaseer in boeke van godsgeleerdheid in die boeke van die godsgeleerdheid skrywers van daardie tyd met die stigting van die genootskap.  So vind ons in ‘A manual of Christian doctrine”deur J.S. Banks genoegsame en versadigende bemoedigings om aan te hou vir die saligheid.  Die bundel betrek ‘n wye vlak of gee ‘n analise van die christelike en geloofswandel.

Vir diegene wie hul verlustig in die kennis oor die goddelike dinge, die dinge oor die godsdiens, formuliere van geloof en ‘n menigte van relatiewe openbaringe of redevoeringe sal Dr. W.B. Pope D.D se verhandeling oor die hoër kategismus in die godgeleerdheid “Higher Catechism of teology” ‘n bron van onskatbare geestelike en geloofsverryking wees.

Dan is daar verdere werke waarop die kerk se voetstuk stewig geanker is en wat vir hulle wie van inbors met geloof en moed besiel was sedert die stigting van die beweging in hul geboorteland.  Die Woord van God was dan altyd met geloof en , biddende harte as die rigsnoer gevolg.  Die Heilige Skrif bo alles was aanvaar as die vernaamste, die gids en die finale oproep.  Dit kan genoem word dat literature wat ‘n indiepte weergawe van die denominasie se ontwikkeling van haar leer, dogma, leerstelling – geloofsopvatting – is beswaarlik bekom en versprei.  Daar is wel in die loop van sake daarna verwys bv. die geloofsartikels en ander geskrifte en aantekeninge maar nie ‘n afsonderlike bundel of leerstuk saamgestel nie.

GESKIEDKUNDIGE AGTERGROND

Na sorgvuldige beraadslaginge en vergaderings onder ‘n groepie enersdenkende Christene van Kaapstad en Stellenbosch, word daar uiteindelik besluit om ‘n kerkgenoodskap in die lewe te roep.  Daar is ernstig ná gebede beraadslag oor ‘n naam.  Algemene opinie is uiteindelik verkry en is die naam Volkskerk van Afrika op 26 Maart 1922 aanvaar.

Tydens ‘n inwydingsdiens in die Kaapstadse Stadsaal op Sondag 14 Mei 1922 is die geboorte bekend gestel.  Die fondamentsadres, gelewer deur wyle eerw. J.J.H. Forbes, ‘n geordende leraar van die Wesleyaanse, later van die Congregationalistiese Unie, stel die doel, voornemings en ideale baie duidelik – eenvoudig ‘n kerk gebou op die geloof in Christus Jesusgeen vyandige beweging – langs gevestigde Christelike liggame.  Die heil en saligheid vanself in selfheid uit te voer.

Dit was gedurende die eerste jare ‘n gesukkel om oor die gewenste en gerieflike datum van ontmoeting ooreen te kom, daar is wel later daarin geslaag om oor ‘n merkbare ooreenkoms te besluit.  In die vroeë jare het die susters deur hulle verenings finansiële steun aan die Jaarlikse Vergaderings verleen.  Hulle dra nog steeds by maar deur bepaalde heffings.  Hulle het nou ook sedert die ontstaan van die Vrouekonferensie verantwoordelikhede teenoor hulle eie konferensie.

Die Jaarlikse Vergadering het seker ook die verskillende afdelings genoop om ook sulke jaarlikse byeenkomste op die been te bring deur van die tyd tot tyd byeen te kom.

Gedurende daardie vroeër jare was die Jaarlikse Vergadering nie net ‘n byeekoms waar besprekings, wat uitgeloop het op besluitneming en wetgewing, plaasgevind het nie.  Dikwels was daar op kort, interessante besigtingstoere gegaan.

Later is die Distriksvergaderings en ander liggame ingestel – wat nog steeds hunker na regmatige verteenwoordiging in die geheel struktuur.

As daar volgehou en bygehou kan word in dit wat die lewensbloed van die kerkgenootskap verseker naamlik selfopoffering, toegewydheid, aanwakkering en opvolging van dit wat onderneem is, lojaliteit – met die wil en begeerte om wat stoere voorouers vir die nageslagte daargestel het ten minste te respekteer en in die gedagte te bewaar, is daar genoegsame rede om met welslae voort te bou op die fondamente deur hulle  daar gelê.  Laat ons nooit uit die gesigspunt verloor dit wat hulle met geloof, vertroue en hoop nagelaat het nie.  Vergeet nie die fondamentsadres: “ons sal verbeter soos die tyd aangaan …”, nie

Ds. J.A.Classen