Dysselsdorp Geskiedenis
Geskiedenis
Volkskerk van Afrika Dysselsdorp
Ek groet u in die wonderlike naam van ons Heer en Meester Jesus Christus.
In die jaar 1932 was daar slegs 4 Kerke in Dysselsdorp nl. Die NG Sending Kerk, Ethopian church in Zion, Intependente Kerk en die Rooms Katolieke Kerk.
Die meeste inwoners het aan die Intependente kerk behoort, hierdie kerk het destyds net blanke predikante ghad.
Juis as gevolg van ‘n uitlating van ene Ds. Schoeman, wie sou sê dat so lank hy leef, geen kleurling predikant toegelaat sou word in die kerk nie. Hierdie uitlating het veroorsaak dat Wyke (oupa) Hendrik Esau alle bande met die kerk verbreek het.