King Williams Town Geskiedenis
VOLKSKERK VAN AFRIKA, KING WILLIAM’S TOWN
Gestig 14 April 1963 onder die naam Volkskerk van Afrika, King William’s Town. Kort na die stigting van die VVA Oos-Londen op 08 Julie 1962, lê wyle Br. Louis Fritz ‘n besoek af te Oos-Londen. Hy woon ‘n diens by te Cambridge, waarna hy in gesprek tree met wyle Ds. I. Mc Quena en ander rakende die leerstellinge en ander informasie in verband met die kerkgenootskap. Br. Fritz keer terug na King William’s Town met ‘n diepe oortuiging dat hy deur die genade van Onse Heer, hom moet skaar by die genootskap. ‘n Reeks ontmoeting vind plaas tussen hom en wyle Ds. I. Mc Quena en meer van die breër gemeenskap van King William’s Town stel belang, grotendeels omdat wyle Br. Fritz gesien was as ‘n godvresende persoon.