THE ORIGINAL NEWSPAPER REPORT OF THE ESTABLISHMENT OF THE CONGREGATION ON THE SEPTEMBER 20, 1949

DIE VOLKSKERK VAN AFRIKA

Official Establishment Last Weekend

Last Saturday, Sunday and Monday were red letter days for local supporters of the Volkskerk van Afrika. Many visitors from as far as Cape Town attended the formation of the church by the Chief Pastor Rev. J.J.H Forbes, C.O.

The deliberations started on Saturday morning with a big bazaar in the vacant store of Mrs. Hermanus in George Road. After the singing of the Hymn “Prys den Heer met blyde Galmen” and a prayer asking God’s blessing on the work of the new congregation, the bazaar was officially opened by Rev. Forbes. He conveyed to them the best wishes

‘;ls of the mother church at Cape Town, which he said, had responded to the call of shepherd less sheep and the result was that on the morrow a branch of the Volkskerk van Afrika would be established here. The speaker gave them hope and encouragement for the future and said that all would be well with them if they started and built up their church on God and gave Him and exalted place in their lives. Speaking of the vital importance of the Volkskerk van Afrika to the non-European population Mr. R. Hoedemaker of Cape Town said although non-Europeans belonged to S.A. they were treated like stepchildren and he thought therefore that any steps towards national development of the non-Europeans would be a step forward in the right direction. His concluding advice to the new congregation was: “Look up, aim high and alles sal reg kom”.

By five o’clock the heavily laden tables and stalls had been cleared. In the evening a congregational meeting was held and the following office beares were elected:

Chairman                              : Rev. D. Januari      - Oudtshoorn

Acting Chairman                  : Bro J Meyer Jnr

Treasurer                               : Bro A.P Malgas

Secretary                               : Sis. A.J.Brinkhuis

Trustees                                 : A.P.Malgas; F.T.Trim; H. du Plessis; D.Hunter;

                                             A.Jordaan; F.du Plessis; and S.Agulhas.

Deacons                                : N.du Plessis; A.P.Malgas; I. Daniels; J.James;

D.Okkers; J.Meyer Jnr; S.James; J.Roman; Johannes  

Meyer; C.Moos; A.Jordaan; F du Plessis and

Hermanus Hermanus.

Lady Collectors                    : Sis A Safers; J.Kannemeyer and Christina Cupido

Poor Fund Committee         : Sisters N.Hermanus; C.Olkers and H.Bhana and

Bro N.Moolman

Trust Steward and Verger: Bro. D.Hunter

Assist Secretary                   : Sis. E.Trim

Acting President Women’s Guild: Sis.S.Trim

Auditors                                 : Sis.M.Pamplin and Bro. J.Meyer Jnr.

Building & Sites Committee: Bro. A.P.Malgas and F.T.Trim

Sunday School Supt           : Br.J.Meyer Jnr.

Choir Conductor                  : Sis. N.Hermanus

The meeting closed by singing of “ Volkslied van Afrika”

SUNDAY 20TH SEPTEMBER

The church was officially established at the dedication service at 10:30 a.m at which more than 100 new members were admitted. The Pastor took for his text the meeting of Jehu and Jehonadab: II Kings:10 v 5

The Lord’s supper was received by more than 200 members. Seventy Riversdal visitors and many others from Oudtshoorn were present at the service.

Three babies were baptized. Telegrams of goodwill were received from Richmond and Salt River.

The service closed with the singing of “Volkslied van Afrika”

The evening service started at five o’clock. The text: Psalm 42:5, “Hope shown in God,” gave the Minister a subject on which to preach and eloquent sermon.

The Riversdale choir rendered two anthems, while the Mossel Bay choir sang the Benedictus at the close of service. Several of the delegates spoke during the service.

MONDAY 21ST SEPTEMBER

Monday morning was devoted to ordinary church business and the banking of            1 638s. 11d. in the name of the Volkskerk van Afrika.

£2 14s??. for Poor Relief Fund. In the evening a social was held in the Memorial Hall which was well attended. Bros. E. Armstrong and J. Van Rensburg each presented the church with a cheque for a guinea. Donations of 10/-each were received from Mr. A.Titus and Miss.C. Hermanus also 1£ from Mr R. Hoedemaker and 5/- from Mr November.

During the evening several speeches were delivered by delegates and musical items rendered by the Volskerk choir and children’s choir. Solos were sung by              Miss M. Pamplin and Mr.P .Gelderbloem. Mr.C.Pamplin provided instrumental music. Everyone was lavishly supplied with refreshments. The evening closed with the singing of the Volkslied van Afrika.

The chief Pastor and Mrs Forbes left by train for Cape Town on Tuesday.

HIGHLIGT:

FIRST SERMON:

II Kings 10 v:5 “The meeting between Jehu and Jehonadab”.

FIRST EVENING SERMON

Psalms 42:5 “Hope shown in God”

The first Anthem by the choir: The “Benedictus”

ARTIKEL IN 80STE BESTAANSJAAR BUNDEL

VOLKSKERK VAN AFRIKA MOSSELBAAI

ARTIKEL IN 80STE BESTAANSJAAR BUNDEL

INLEIDING:

Die Woordeboek definieer GESKIEDENIS as die verhaal van ‘n MERKWAARDIGE GEBEURTENIS. Die ontstaan van enige Gemeente is inderdaad ‘n merkwaardige gebeurtenis, ‘n verhaal deur God geïnisieer met mense as die hoofkarakters. Hiermee het Hy ten doel om Sy koninkryk op aarde vorm te gee. En dit was geen uitsodnering in die geval van die Moselbaai-gemeente nie. Die stigters het na ‘n kerkgenootskap gesoek met ‘n demokratiese grondslag en min het hulle geweet dat die Volkskerk van Afrika hulle daardie grondslag sou bied. Die stigters van ons gemeente was ‘n wegbreekgroep van die Anglikaanse Kerk omrede, hulle ‘n demokratiese sê in die bestuur van gemeentesake misgun was.

DIE CHRISTIAN ASSOCIATION GROEP:

‘n Groep van ongeveer 200 ontevrede lidmate van die All Saints Kerk het by geleentheid van ‘n erediens uit die kerk gestap op reaksie van die biskop dat die bestuur van die gemeente se geldsake nie die besigheid van die gemeente is nie. Die wanbestuur van kerkfondse was die wortel van die kwaad en is die priester as die sondebok uitgewys. ‘n Groep bankvas agter die priester het selfs by geleentheid die kerkdeur toegespyker om diegene buite te hou wat beskuldigings na hul priester geslinger het. Die hulp van die biskop is ingeroep om te beredder en sy verduideliking was onbevredigend en onaanvaarbaar. Hierdie uitstap was die grootste skeuring in kerkgeledere in die jaar 1942. Buite die kerkgebou is vining besluit dat Niemand huis toe sou gaan nie, maar dat almal na die Oorlogsgedenksaal, War Memorial Hall, sou beweeg. Sommige sou wel later na die All Saints terugkeer, maar die vasbyters het na hulself verwys as die Christian Association. Daar en dan is besluit om ‘n geestelike leier te kies en het die keuse eenparig op geestelike leier , die 22 jarige jongman, Br. John Johannes Meyer (jnr) wie ‘n lekeprediker in die Anglikaanse kerk was, geval. Hierdie verantwoordelikheid sou hierdie jong broer aanspoor om kans te sien vir nog groter verantwoordelikheid aangesien hy hom later as leraar van die Volkskerk van Afrika sou bekwaan.

PLANNE OM BY ‘N KERKGENOOTSKAP AAN TE SLUIT:

Aanbidding het voorts in die saal plaasgevind en was die afstand geen faktor vir die aanbidders nie. Intussen is aan huise van br. Ampie Malgas in Langstraat, De Bakke, vergader om koppe bymekaar te sit by watter kerkgenootskap die groep aanbidders sou aansoek doen om lidmaatskap. Br. Malgas was bevriend met ene br. M. Hockey, ‘n kerkraadslid van die Volkskerk van Afrika gemeente te Oudshoorn, en daar is besluit om broers Malgas en Frank Trim na Oudtshoorn te stuur om met br Hockey te gaan gesels. Hierdie samesprekinge het weer tot gevolg gehad dat daar met eerw. Daniel Janari, leraar van Oudtshoorngemeente, gesels was. Na gesprekke met eerw. Janari en br. Hockey, het ± 40 wegbreeklidmate in Mosselbaai besluit om by die Oudtshoorngemeente vir geestelike bediening aan te sluit.

KAAPSTAD GEE TOESTEMMING:

Noudat die Mosselbaai-groep ‘n wyk van die Oudtshoorngemeente was, is besluit om vir br. Trim na Kaapstad af te vaardig om daar met Eerw. Joseph John Henry Forbes te gaan gesels om lidmaatskap. Na hierdie ontmoeting het Kaapstad oorweging geskenk om die Mosselbaaiwyk van die Gemeente Oudtshoorn af te stig. By geleentheid van ‘n spesiale gemeentevergadering, gehou in die Moederkerk te Graystraat, Kaapstad op Donderdag                    3 September 1942 om 20H30, word br. Trim aan die gemeente voorgestel en word aan hom die geleentheid gegee om aansoek te doen om inlywing. Nadat wedersydse vrae gestel en verduidelikings verskaf is, stel br. J.Smith voor, gesekondeer deur br D. Florus, dat ‘n tak van die kerkgenootskap te Mosselbaai so gou doenlik gestig word.

STIGTINGSPLEGTIGHEID:

Hierdie besluit is verwesenlik oor die naweek van 19-21 September 1942 wat met die volgende gepaard gegaan het:

  • ‘n Basaar was gehou op Saterdag 19 September;
  • Die Stigtingsplegtigheid, waargeneem deur die Superintendent, wyle eerw. J.J.H.Forbes, op Sondag 20 September, en
  • ‘n Konsert op Maandag 21 September.

Die stigtingsplegtigheid, om 10h30, het plaasgevind in die Rinksaal waartydens meer as 100 nuwe lidmate tot die bestaande groep toegevoeg en die eerste 3 babas in die nuutgestigte gemeente gedoop was. Die          3 dopelinge was Thelma Elaine Baker, Elaine Hunter en Felicia Jennifer Baker. Slegs sr Felicia is nog vandag in die gemeente. Die sakrament van die Heilige Avondmaal was ook aan meer as 200 siele bedien. Eerw. Forbes se skriflesing het gekom uit 2 Konings 10:15-28 met vers 15 as teksvers en sy tema was:

“(Jehu) Is jou hart reg soos my hart met jou hart is?” Jonadab antwoord: “Ja! “ “So ja gee my jou hand,” sê Jehu

Dit het daardie dag vreeslik gereën – ‘n duidelike teken van die seëninge wat die gemeente reeds by stigting ontvang het.   Besoekers van die takgemeentes Riversdal en Oudtshoorn was ook teenwoordig. Die kerkkore van Riversdal en Mosselbaai het het by geleentheid van die dankdiens wat om 17h00 begin het, opgetree. Hiertydens was ook boodskappe van gelukwensinge en bemoediging van die besoekende gemeentes gebring. Telegramme met gelukwensinge was ook ontvang van die gemeentes Richmond en Soutrivier. Wyle eerw. Forbes is eers die Dinsdag per trein terug Kaapstad toe.

EERSTE LEIERS:

Die eerste kerkraad was inderdaad manne van durf en daad wat die gemeente ywerig en nougeset bestuur het.

Hulle was:

Konsulent      :           Wyle Ds Daniel Janari

O/Voorsitter:           Br. Frank T Trim

Skriba             :           Sr Ann Brinkhuis

Tesourier       :           Br. Adam Paul Malgas

Trusteelede  :           Brs Anthony Jordaan, Hennie du Plessis, John Meyer (jnr),                        

                               Br& Sr Trim en skriba  

Evangelis      :           Br. John Meyer (jnr)

Koster             :           Br. Dawie Hunter

Orreliste         :           Sr. Rhoda Robertson

Diakens         :           Brs. F. du Plessis, C. Moos, J. Anthony, D. Hunter, C.D Philips,  

S. James, W Hermanus, J. James, H Hermanus, S. Agulhas, A. Agulhas.

Met die stigting van die gemeente was die Tweede Wêreldoorlog nog steeds aan die gang, en sou daar van die terugkerende broers, wie soldate was, ook by die gemeente aansluit. Onder hulle was broers Michael Lucas en Faan Carstens.

Die gemeente het ook haar eie lykswabestuurder gehad in die person van br. Companie. Die lykswa was daardie dae ‘n perdekar. Die wa was van die munisipaliteit gehuur, terwyl twee perde van die Spoorweg gehuur moes word.

SKOLE KOM ONS KINDERS BY:

Na die stigting van die gemeente het die probleme eintlik begin. Daar moes onder meer aansoek gedoen word vir ‘n begrafplaas wat ons wel kon bekom. Ons moes dit self omhein.

Op skool het ons kinders knap na die stigting hul skoolbywoning vir drie weke geboikot. Die gevolg was dat almal daardie jaar deur die bank gedruip het. Daar is toe die volgende jaar met die Lutherse skool onderhandel wat ons kinders by hulle ingeneem het. Eksamen is afgelê en almal het geslaag. Dit was ook ondervind dat ons kinders nooit betrekkings as onderwysers by kerkskole gekry het nie. Hierdie poste was vir hul eie kinders gereserveer.

Die gevolg was dat ons kinders die dorp vir werksgeleenthede moes verlaat. Sr. Ann J. Brinkhuis het juis vanweë die ongeregverdigheid in skole in 1947 ‘n eie skool in die kerkgebou begin, maar is by die Gesondheidsdepartement verkla omdat daar kwansuis nie aparte toiletgeriewe vir meisies en seuns was

nie. Vanweë die druk van owerheidskant sowel as ander kerkskole het sy haar skoolhou gestop. Eerw. Rousseau het later die skool voortgesit in ‘n opslaangebou in Tarka. Sr. Brinkhuis en br. Roy Louw was sy mede leerkragte. Vanweë druk van ander kerke, het die Volkskerkskool geen staatshulp gekry nie

AANBIDDINGSPLEKKE:

Na die dae van die “Memorial Hall, het die kerkraad besluit om die klipgebou van sr. Marjorie Hermanus, weduwee van wyle Br. Moses Hermanus, wat as winkel te Georgeweg gebruik was aan te koop en in ‘n kerk te omskep. Die aankope is gedoen en is die gebou op ons naam oorgedra op 23 Junie 1948. Hier het die gemeente 11 baie gelukkige jare aanbid voordat die stadsraad ons eiendom onteien het onder die dekmantel van die ‘verbreding van Georgeweg’. Die kerkraad het volstrek geweier om te ontruim en het aangebly. Tydens ‘n gesamentlike sitting van die Finansiële- Stadsbeplanning- en Werkskomitees, gehou op 13 Augustus 1959, is daar besluit dat die Volkskerk se perseel onteien word en dat die kerk kennis gegee word om die perseel te ontruim op 30 November 1959. Die laaste diens in die klipkerk was dan ook die 1959 Oujaarsnagdiens.

Na vele onsuksesvolle aansoeke om hulp van die munisipaliteit om grond vir ‘n aanbiddingsplek, wend die kerk haar tot die huur van ‘n saal in Tarka, ‘n gebou wat ons voorvaders beskou het as “ontoegewyd en onwenslik” vir godsdiensbeoefening. Hierdie was ‘n bioskoopsaal vir die Tarka-gemeenskap. Die sukkelende gemeente het weer eens nie ‘n keuse gehad om tydelik daar te aanbid nie. Na die afbrand van hierdie saal, moes die gemeente weer soek na ‘n ander aanbiddingsplek. Hiervandaan is verhuis na ons huidige kerkperseel waar eers ‘n saal in 1971 en later ons huidige kerkgebou in 1992 voltooi en in gebruik geneem was. Die gemeente was dan ook bevoorreg om Ds. Beyers Naude as gasprediker by geleentheid van die kerk se inwydingsplegtigheid te hê.

EVANGELIEBEDIENAARS:

Die Gemeente Mosselbaai is sedert haar stigting deur hoofsaaklik ses leraars (3 voltyds) bedien. Dit het die bediening van die Moderators oor die jare uitgesluit.

Hulle was:

  • Ds Daniel Janari(1942 – 1955)
  • Ds L.T Rousseau(1955 – 1967)
  • Ds Benjamin J Appolis(1967 – 1974)
  • Ds Abraham P Hector(1974 – 1976)
  • Ds Leslie H Crotz(1976 – 1995)
  • Ds Garrett M.J Möller(1996 en tans leraar)

GEMEENTE GAAN VAN KRAG TOT KRAG:

Met die stigting van die gemeente was beweringe gemaak dat hierdie kerk nie in Mosselbaai sal groei nie, maar het God hierdie beweringe verkeerd bewys?

Die feit dat ons vanjaar 60 jaar oud is, is bewys daarvan. Ons het gekom om te bly. Die gemeente het gegroei en ons projekte was dikwels die eerste van sy soort in die dorp. Groot baanbrekerswerk deur veral Ds. Crotz het hierdie feit aan Mosselbaai en sy mense herbevestig. Veral met die bou van haar nuwe kerkgebou, is aan die gemeenskap bewys dat hierdie gemeente karakter het. Voorts is die gemeentekinders aangespoor om hulself goed in die lewe te bekwaam ten einde ‘n verskil in hul dorp te kan maak. Die gemeente se leraar is dan ook by ons genootskap se jaarvergadering in September 1983 te Elsiesrivier tot Superintendent van die Volkskerk van Afrika verkies. Hierdie amp sou hy beklee tot sy dood op 26 Mei 1995. Hierdie was dan ook ‘n laagtepunt in ons gemeentegeskiedenis om ons leraar na ‘n kort siekbed aan die dood te moes afstaan. Nadat die gemeente vir presies          18 maande herderloos was, het Ds. Garrett Möller die beroep van die gemeente aanvaar en is hy en sy gade op Saterdag 12 Oktober 1996 deur die Moderator, Ds. Simon Adams, in die gemeente bevestig. Hy het sy intreepreek op Sondag 13 Oktober 1996 gehou waarna die Heilige Avondmaal ook bedien was. Diens is aanvaar op 1 November 1996.

WERKSAAMHEDE VAN WELEER TOT VANDAG:

Hierdie gemeente het nie alleen leraars van formaat gehad nie maar ook Kerkrade wat die gemeente in die afwesigheid van die leraar met wysheid en passie gelei het. Die ondervoorsitterstoel het na Br. Frank Trim manne opgelewer in die kaliber van Br. Johnny Sampson wat hierdie rol vir nie minder nie as 36 jaar sou volstaan. Br. Sampson se opvolger, Br John Bavuma, het net sulke diep spore in die gemeente getrap en was sy skielike siekte gedurende 1988-sinode ‘n terugslag vir die gemeente. Tog is ons dankbaar vir sy lewe en sal ook sy onbaatsugtige diens verewig in die annale van die gemeente opgeteken staan.

Diakens het ook buite Mosselbaai bearbeiding gedoen en het buitewyke op Brandwag en Geelbeksvlei begin. Die diakens was nie alleen ywerige diensknegte in die diens van die Meester nie maar het ook groot respek en waardering by die gemeente afgedwing. In ons leed en in ons vreugde was Christus met ons.

Vandag speel ons steeds ‘n noemenswaardige rol in Mosselbaai en sy omgewing en ons dank God vir Sy genade en voorsiening in beide ons hoogte- en laagtepunte. Ons hoogtepunte oorskry ons verliese by verre en dank ons God vir elke dienskneg en diensmaagd wat Hy oor die jare heen aan die gemeente geleen het.

Met nie minder nie as agt onderafdelings (Sondagskool, Jeugverening, Jongvroue, Aksiekomitee, Kerkkoor, Vrouebond, Mannebond en Sending en Evangelisasie) en tien wyke, bly die gemeente ‘n miernes van bedrywighede. Elke jaar word afgeskop met ons Week van Gebed waartydens ons voorbidding doen vir die werksaamhede wat voorlê. Behalwe die Sondagdienste en middelweekse bidure is ‘n Oggendseën ingestel wat elke Dinsdagoggend om 11h00 plaasvind. Bybelstudie maak ook gereeld deel uit van ons Woensdagaand-aanbidding en word kenners genader vir die aanbied van praatjies en werkswinkels in ons onderafdelings.

‘n Sondagskooltak is in Uitbreiding 13 begin wat meebring dat meer kinders uit die omgewing die Sondagskool bywoon. Ook neem die gemeente gereeld deel aan ekumeniese aktiwiteite in die Wes Kaap Provinsiale Raad van Kerke, spesifiek in die Suid-Kaap streek.

Interkerklike deelname plaaslik geskied ook elke maand. Geleentheidsdienste soos ons Studente- Moedersdag, Vadersdag en Kinderdagdienste kry jaarliks groot aftrek. Almal word genooi en bly die gesellige samesyn altyd ‘n hoogtepunt. So is ook beide die genootskap en gemeente se verjaarsdagdienste ‘n hoogtepunt in ons kerkjaar.

VISIE VIR DIE TOEKOMS:

Die gemeente beywer haar altyd om getrou die wense van ons kerkgenootskap te gehoorsaam deur te doen wat van haar gevra word.

Ons kyk gedurig na nuwe moontlikhede om die bestaande strukture in ons kerk aan te vul en uit te brei ten einde meer lidmate tot ons werksaamhede betrokke te kry.

Veral ons Jeugbediening toon tekortkominge en soek ons gedurig na maniere om groter betrokkenheid en belangstelling by ons jongmense aan te wakker. Die gemeente sien dus die beroep van ‘n jeugpredikant in die toekoms glad nie as te vergesog nie. Dit is immers nie te veel gevra om te belê in die toekoms van ons geliefde Kerk nie .  

Mosselbaai Google Kaart / Map

PHYSICAL ADDRESS / FISIESE ADRES

ALHOFDRIVE MOSSEL BAY