Kalender

Heilige Week program 2020

HEILIGE WEEK

Inleiding

Heilige week saam met die Lydenstyd gaan die paasfees vooraf. Dit is die gebeure wat gedurende die week voor Jesus se Kruisiging op Paasfees afspeel.

Heilige week is `n persoonlike reis op `n weg na`n Christus - gesentreerde lewe deur die “Via Dolorosa”(die weg van Hartseer, smarte en leiding) ervaring van Jesus. Die Via Dolorosa ook die naam van die weg wat Christus geneem het in Jerusalem en baie geleerdes is nie een met die geskiedkungigheid van hierdie weg nie, maar die “waar” , is nie vir ons belangrik nie, maar die hoe Hy dit geloop het, fisies, sielkundig en ook geestelik. Dit is `n eksodus ervaring vanaf die dood na die lewe vir elke Christen.

`n Christus – gesentreerde manier van lewe is seker makliker om van te praat as om te doen. In ons daaglikse lewens is daar baie ander dinge wat ons disorienteer om `n Christo sentriese lewe te leef.

`n Christus – gesentreerde lewe beteken vir ons dat God deur Jesus die middelpunt is van allles wat ons doen, alles wat ons ervaar, of verhoudinge waarin ons staan. Dit begin by Jesus se lewe as Mensgeworde Messias, en die evangelies gee aan ons juis hierdie laaste week van Christus se lewe om aan ons te kom wys hierdie “radikale, tansformerende, Weg van Jesus” wat elkeen van ons kom bevry het van die mag wat die sonde oor ons gehad het.

“The world in which we live is similar to the potter`s spinning wheel, and the speed of that wheel is increasing. Like the day on the potter`s wheel, we must be centered as well. Our core the center of our lives must be Jesus Christ and his Gospel. Living a Christ-centered life means we learn about Jesus Christ and his Gospel and then we Follow His example and keep his example with Exactness (Elder Richard G. Maynes)

As Christene word ons ook gevra om ons kruis te dra, maar die hoe is soms moeilik. Veral as ons kyk na die huidige situasie waarin ons as Christene, landsburgers ons bevind met die huidige Covid -19 pandemie, klimaatsveranderinge, droogtes, brande, sosiale en morele verval, oorloë, hongersnood, geweld, verkragtings, vroue en kinders verkragtings en moorde. Dis sal ons hierdie week fokus op hierdie laaste week gebeure wat lei tot hierdie weg van Christus, die “Via Dolorosa” om te sien hoe ons as Christene ook hierdie weg mag stap in ons daaglikse lewens en Christus gesentreerd te bly te midde van wat in en om ons aangaan.

Ons sal dis begin by Palm/Passie Sondag wat die inleiding tot hierdie weg is, om ons te lei op hierdie weg tot `n Christus – gesentreerde lewe.

Dag 1

(Palm Sondag)

Die intog van Jesus in Jerusalem(Lukas 19)

Dit is wonderlik hoe hierdie gebeurtenis op PalmSondag beskryf word as Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem. Palmsondag is die laaste van die Lydensondae. Dit is terselfdertyd die begin van Groot Lydensweek. Daar is dus die element van triomf by die intog in Jerusalem, maar daar is ook die besef dat Jesus gekom het om te ly en te sterf in hierdie einste Jerusalem!

In hierdie teksgedeelte kom die Koning by die stad aan, en bars daar spontane lofprysing onder Jesus se volgelinge uit. Die reis kom tot ‘n einde, die bestemming is bereik. In ons tyd word die donkie gesien as hierdie minderwaardige dier- in die tyd van die Nuwe Testament is dit gesien as koninklike rydier. Die feit dat dissipels hulle klere as saal op die donkie sit bewys reeds iets van SY koninklikheid, ook die palmtakke en mense se klere wat voor Hom in die pad gegooi word. Deurdat hulle God se lof besing terwyl hulle Jesus op die donkie vergesel, lê hulle bewustelik of onbewustelik ‘n verband tussen God en Jesus. Jesus se intog sou die skare dadelik laat dink het aan die Messias profesie in Sagaria 9 vers 9 wat aan die mense baie goed bekend was: Jubel Sion! Juig Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.”

Die “hele skare juigende volgelinge” doen wat by die aanskoue van so ‘n Koning pas: hulle “begin God uit volle bors prys” (19:37):

“Loof die koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel, en eer aan God in die hoogste hemel!” (19:38).

En tog sou die skare eers later die volle betekenis van hierdie feestelikheid verstaan. Hierdie was maar die openingstoneel van ‘n besondere week met diep en donker laagtepunte. Die laagtepunte sou hoogtepunte blyk te wees. Uit hierdie week sou daar vreugde en blydskap regoor die wêreld versprei.

Lukas help ons om te verstaan hoe ons lewe, ons roeping, ons missie as gelowiges en as gemeente inskakel by Jesus se missie.

Ons ontdek:

• Waar ons inskakel by God se werk deur Jesus Christus op aarde;

• Hoe om ons lewe van geloof saam met Jesus as ‘n reis te verstaan

Jesus se dissipels en die mense van Jerusalem verstaan nie die wyse van Jesus se intog in Jerusalem nie. Dis ook een van die vernaamste redes waarom Jesus so oor Jerusalem gehuil het. Murray Janson skryf dat Jesus huil terwyl die skare juig en feesvier, want hulle Koningsoptog was alleen maar net politieke kruit met nasionalistiese plofstof gelaai. By hulle het dit nie gegaan om die koninkryk van God nie- al is die Naam van God ook vroom bygehaal- dit het vir hulle alleen maar oor die koninkryk van die volk Israel gegaan. Hulle droom was die verdrywing van die gehate Romeinse oorheersers en in Jesus se optog het hulle gelees die generaal het gekom! Laat die oorlog begin. In die stad van ons groot koning Dawid het die Koning met Hemelse Krag opgedaag. Want kyk al die wonderwerke en magtige dade wat Hy gedoen het- met Hom aan die voorpunt van die oorlog kan ons nie verloor nie! Hulle vergeet in hulle nasionalistiese ywer vir hul eie volk se saak dat hulle net Sagaria 9:9 onthou het wat vertel dat die Messias hierdie oorwinnaar is wat nederig is en op ‘n donkie ry. Blykbaar het die koning wat oorlog toe gegaan het op ‘n perd gery en die een wat in vrede gekom het of om vrede te maak het met ‘n donkie gekom. Hulle vergeet ook van Sagaria 9:10: Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word . Die koning sal vrede vir die nasies afkondig.

Die mense van Jerusalem lees ons in Lukas 19:42 het nie gesien wat vir hulle vrede nodig was nie. Hulle het gedink hulle grootste nood is dat hulle onderdane van die Romeine geword het en nie oor hulself kon regeer en oor hul eie toekoms kon besluit nie. Hulle grootse nood was egter een wat nie gesien het nie- dat hulle eintlik in onvrede met God geleef het. En hoe hulle eintlik in bitter onvrede met mekaar geleef het- daar was hierdie dodelike haat veral tussen die Joodse godsdienstige faksies wat ook in die skare was waar Jesus verbygegaan het.

Jesus huil oor Jerusalem want Hy ken die toekoms van die stad. As Messias en Seun van God kan Hy ook die toekoms sien. En Hy weet baie van dieselfde mense wat Hosanna skree, binnekort daardie uitroep sal omdraai tot Kruisig Hom, kruisig Hom! Juis omdat Sy doel anders as wat hulle gehoop het nie maar was om die koninkryk van Israel weer op te bou nie. Toe die skare in Jerusalem die takke van die bome afgebreek het sodat hulle die palmtakke voor hom kon werp, het Hy alreeds gesien hoe hulle die boom aftak waaraan hulle Hom sou kruisig. Hulle klere op die grond voor Hom was vir Hom reeds die beeld van Sy verdeelde klere op ‘n bondel voor die kruis. Lukas wil beklemtoon dat Jesus op die ou end nie net in Jerusalem nie, maar deur Jerusalem doodgemaak sal word. In die toekoms het Jesus reeds die oordeel gesien wat op Jerusalem sou neerdaal. Hy het al vooruit gesien hoe hierdie stad onder die magtige treinspore van die geskiedenis sou beland. In 70 n. C. so 40 jaar na Jesus se intog in Jerusalem het die Romeine Jerusalem ingeval en met die grond gelyk gemaak. Jesus huil oor Jerusalem want Hy sien dat die rokende puin van Jerusalem eendag sal verkondig dat ‘n koning hier sy intog gehou het, maar deur SY stad en mense verwerp is. Hierdie mense van Jerusalem het geen verskoning gehad om nie die redding te sien wat God vir hulle bewerk het nie. Hulle het tog al die profesieë in die Ou Testament oor die Messias gehad. Hulle het tog self gesien en gehoor hoe God aktief werksaam was in die lewe en bediening van Jesus. Hulle kon in Sy dade en gesindheid teenoor mense helder sien dat God nie Sy mense verwerp en vergeet het nie. Hulle het alle rede gehad om Jesus te verwelkom soos SY dissipels gedoen het. Maar hulle het die militêre Messias verkies wat Israel met geweld sou verlos. Die Messias moes kom en optree op hulle terme of hulle het geweier om Hom te aanvaar. Dis die grootste hartseer van almal- Jerusalem wie se naam beteken stad van vrede beteken het nie ingesien wat vir sy vrede nodig is nie en het nie plek gehad vir die Vredevors nie.

Uitdaging

Die geleende donkie help onthou dat Jesus se koningskap anders is – dat dit nie was wat mense verwag het nie.  Dit help ons besef dat Jesus die kruispad stap. En, soos Sadhu Sundar Singh vir ons sê: As ons nie die kruis van die Heer dra nie sal ons die kruis van die wêreld met al die aardse dinge moet dra. Die wat die kruis van die Heer dra weet uit ervaring dat hierdie kruis hulle dra en veilig by hulle bestemming sal bring. Die kruis van die wêreld, daarenteen, trek ons af en lei tot vernietiging. Watter kruis dra jy? Word stil en dink. Dis met hierdie gesindheid van selfondersoek NT Wright skryf:  Terwyl ons saam met Jesus in Jerusalem aankom, moet ons op ‘n dringende vraag antwoord. Reis ons saam met Jesus met die hoop dat Hy sommige van ons eie verwagtinge en ambisies sal vervul? Is ons gereed om nie net ons klere op die pad voor Hom te gooi nie, maar ook om Hom te volg wanneer moeilikheid, kontroversie, verhoor en dood volg?  Ons sien vandag die heerlikheid van die Man op die geleende donkie. Agter hierdie man aan neem ons ons kruis op en volg Hom na.

Dag 2

Maandag

Die reiniging van die tempel en Jesus vervloek die vye boom (Matt. 21:12-22)

Hier in hierdie gedeeltes sien ons twee dinge wat Jesus gedoen het, agv dit wat hy gesien het in sy kerk gebeur. Eerstens reinig Hy die tempel van die geldwissellaars en dan vervloek Hy die vye boom wat Hy langs die pad gesien het.

Miskien vanaand is die vraag wat by ons opkom, Was dit regtig nodig vir Jesus om die tempel te reinig? Dit is dan die Heilige plek, dit is die plek waar hulle offers vir die Here moes bring,dis die plek waar aanbid word.

Op die oog af het dit wat in die tempel gebeur het goed gelyk, mense kon sommer daar hulle offers koop en hoef nie ver afstande ry met hulle lammers, duiwe of ander offers nie. Dit was selfs so gemaaklik dat daar selfs geld gewissel was. Geld met die keiser se kop daarop was gewissel vir die plaaslike Joodse geld wat as heilige munstukke gesien was. En nou te midde van al hierdie dinge en moeite van mense om hierdie dinge te doen, kom Jesus nou na die tempel toe, en is nie beindruk met wat op die pleine van die tempel gebeur nie. Hy het onmiddelik daar die mense begin uitjaag en die stoele en tafels het hy omgegooi. In `n ander evangelie lees ons self dat Jesus hulle met `n sweep daar uitgejaag het. En Waarom doen hy dit?

Jesus was ontsteld omdat Isreal na wie Hy gekom het, die skyn van godsdienstigheid gehad het maar nie hulle ware Verlosser wou aanvaar nie. Hy kla hulle aan volgens (Mattueus 19:13), “My Huis sal `n huis van gebed wees, maar julle maak dit `n rowernes.”

Die handelaars en geldwisselaars het hulle ware op die tempelplein ten toon gestel, in die sogenaamde voorhof van die nie-Jode. Die handelaars het offerdiere ten duurste verkoop aan mense wat gekom het om te aanbid. Geldwisselaars het mense verkul wat nie die wisselkoers geken het nie. Hulle was nie net oneerlik nie maar het ook nog misbruik gemaak van mense wat gekom het om te aanbid.

Konfrontasie in die tempel

Deur Jesus se optrede het hy die sosiale orde gekritiseer en mense daaraan herinner dat hulle op `n valse sekuriteit bou as hulle nie altyd weer terugvra na wat God wil hê nie. Die gevestigde kerkleiers van die tyd het ook bedreig gevoel deur Jesus se skerp vrae oor hulle motiewe en hulle basiese verhouding met God. Vir hierdie priesterhoofde en leiers was Christus `n bedreiging en het hulle beplan om ontslae van Hom te raak.

Nog `n les uit `n vyeboom

Die volgende dag oppad terug na die stad Jerusalem het Jesus by `n vyeboom gaan vrugte soek en niks daaraan gekry nie. Daar was net mooi groen blare. Mattues beklemtoon dat Jesus die boom vervloek het en die boom het onmiddelik verdroog.

Hierdie simboliese handeling is bedoel om God se oordeel oor sy volk uit te beeld. Jesus het daardeur sy misnoeë met `n leë godsdiens getoon. Net soos wat die vyeboom van ver af mooi gelyk het, maar sonder enige vrugte was , net so het die volk met eerste ooopslag vertoon. Hulle offers en ander godsdienstige bedrywighede was egter leeg omdat dit nie uit `n opregte hart voortgekom het nie.

As `n mens die eerste gedeelte op sy eie sou lees, sou Jesus se optrede nie net onverstaanbaar wees nie, maar ook onregverdig. Dit is egter belangrik om raak te sien dat jesus hier besig is met `n simboliese daad Die vyeboom wat nie vrug dra nie, is `n simbool van Jeusalem en die Joodse godsdiens wat nie die geestelike vrug dra wat God van hulle verwag het nie.

Uitdaging

In ons voorbereiding na paasfees toe is dit nodig dat ons onself sal ondersoek om te sien waar ons nogsteeds besig is soos die mense op die tempelplein met vormsgodsdiens. Is ons ook maar nie net besig om Sondag na Sondag en dag vir dag deur dieselfde ritmes, rituele en tradisies te gaan. Is ons hoop regtig gevestig in Jesus of gaan dit vir ons oor ander dinge soos hierdie volk wat die tempel instand hou. U Sien vir hierdie mense het alles in die tempel reg gelyk, alles wat hulle doen was volgens hulle vir die Here. Hulle was vol selsekerheid wat mense vertrap het, uitbuit en verkul en net soos die vyeboom skyn asof groen blare het maar sonder vrugte.

As ons werklik eerlik is en kyk na die kerk van die Here dan is dit presies hoe die kerk lyk. Wat kan ons doen om te verander. Om weer die kerk van Jesus Christus te wees. Amen

Dag 3

Dinsdag

Die groot gebod(Markus 12:28-34)

In ons teks vind 'n intense gesprek tussen Jesus en 'n skrifgeleerde oor die heel grootste gebod plaas.

Die grootste gebod, deel 1

Vir die Here beklemtoon hierdie woorde dat ons primêre verhouding met God een van liefde is. Ons het God lief as antwoord op God se groot liefde vir ons. Daarom gee God in die Ou Testament nie net die woorde nie, maar vra dat dit deel word van 'n heilige ritme in die gelowiges se lewe. In Deuteronomium 6:6-9 word gesê:

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.

Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees.

Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

God se bedoeling is dat gelowiges die hele dag lank moet onthou dat die lewe gaan oor liefde vir God. Dit was so belangrik dat 'n Jood dit by die huis en by die werk, op vakansie en om elke hoek en draai moes onthou en sê. Dit moes deel van die diepste vesel van die gelowige se lewe word. Dit moes ook by hulle kinders ingeskerp word.

Die grootste gebod, deel 2

Wanneer ons skrifgeleerde 'n teologiese debat oor die grootste gebod wil begin, antwoord Jesus hom dus deur die woorde aan te haal waarmee Josef en Maria Hom as kind geleer het. Hy haal Deuteronomium 6:4-5 aan, die liefde tot God wat Hom later in gehoorsaamheid tot aan die kruis en in die graf sou neem.

Jesus stop egter nie by die "Luister, Israel" nie. Jesus brei op die teks uit deur Levitikus 19:18 by die eerste gebod te voeg:

Die tweede is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'

Geen ander gebod is groter as dié twee nie.

Die een God van Israel, sê Jesus, vra nie net dat jy God met jou hele hart liefhet nie, maar ook dat jy jou naaste soos jouself moet liefhê. Daarmee brei Jesus die oorspronklike woorde wat gelowiges se lewe moet stempel uit deur naasteliefde by te voeg.

Scot McKnight, professor in Nuwe Testament, noem Jesus se uitgebreide weergawe van die Luister, Israel die Jesus Credo. Net soos die ou Israeliete die Luister, Israel elke dag moes sê, beveel McKnight aan dat Christene die krag van die Jesus Credo beleef deur dit elke dag te herhaal.

Liefde tot God

Dit klink na 'n goeie idee om God lief te hê. Geen gelowiges sal daarteen stry nie. Waar dit moeilik raak, is om God lief te hê wanneer dinge druk in jou lewe raak, en die kortpaaie voor jou opdoem. Om God lief te hê beteken om te hunker na, te streef na, te bid en te werk vir 'n lewe wat God bo alles plaas.

Om lief te hê is om onsself te gee. Om God lief te hê is om alles aan God te gee, elke dag.

Liefde tot die naaste

By die sentrale gebod van die Ou Testament, liefde tot God, voeg Jesus ook die gebod tot naasteliefde (weer eens reeds uit die Ou Testament) by.

Om ander lief te hê klink na 'n goeie idee, totdat ons besef ons naaste sluit ook die mense in van wie ons nie hou nie, of met wie ons nie oor die weg kom nie. Baie mense verskraal daarom die begrip "naaste" tot "mense soos ek" of "mense van my groep."

In die tyd van Jesus het liefde tot God beteken om die Wet na te kom. Die versoeking was om die naaste dan te beperk tot slegs ander Jode wat ook die Wet hoog aanslaan en nakom. Die Wet en die lewensstyl wat dit skep, het 'n skeidslyn geword tussen mense. Sommige was in, en ander uit. "Naaste" kon maklik net die in-groep insluit.

Deur sy voorbeeld en leer herdefinieer Jesus die "naaste". Wanneer hy in Lukas 10 ook oor die naaste praat, vra 'n ander skrifgeleerde hom daar: "En wie is my naaste miskien?" Jesus vertel dan die gelykenis van die barmhartige Samaritaan waar dit juis die aartsvyand Samaritaan is wat 'n gewonde Joodse man help. Waarmee Jesus sê die vraag is nie wie my naaste is nie, maar vir wie ek van oomblik tot oomblik geroep word om 'n naaste te wees.

Uit Jesus se voorbeeld sien ons hoe hy melaatses aanraak en insluit by sy genade. Dis mense met wie niemand anders iets te doen wou hê nie. Jesus gaan by 'n gehate belastinggaarder tuis (Saggeus), mense wat me die Romeinse onderdrukkers saamgewerk het. Hy neem selfs 'n tollenaar (belastinggaarder) in sy dissipelkring op (Matteus).

Naasteliefde dring ons juis oor alle mensegemaakte grense om God se liefde te betoon aan diegene wat

Gevorm deur die liefde

Liefde tot God en die naaste gee nuwe rigting aan mens se lewe. Dit beteken jy kan nie alleen besluit waaroor jou lewe gaan en vir wie of wat jy lewe nie. 'n Verhouding met God en met die naaste beteken dat die sin van die lewe onlosmaaklik verbind is aan God en medemens.

Dit het 'n sterk vormende effek op mens se lewe. Jy leef in 'n totaal nuwe rigting. Jy is nie langer 'n selfgesentreerde kokon wat net vir jou eie belange omgee nie. Jy leef vir God en vir jou naaste.

Hoe gebeur dit prakties? Prof Scot McKnight vertel hoe hy in sy eie lewe begin het om die Jesus Credo elke dag te resiteer. Sommige dae sê hy dit tot veertig keer deur die dag:

'Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.' Die tweede is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Geen ander gebod is groter as dié twee nie.

Hierdie liefde is 'n krag en 'n uitdaging groter as enigiets anders in jou lewe. McKnight sê dis een ding om deur die dag te probeer doen wat goed en reg is, teenoor 'n lewe wat beheers word deur liefde tot God en naaste. Ons het egter die goddelike ritme nodig om dié woorde daagliks te herhaal sodat dit deel van die vesel van ons bestaan word.

Dit is presies wat Deut. 6 sê:

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.

Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees.

Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Naasteliefde onderbreek dikwels ons program en ons skedule. Dit daag ons uit om ons planne te laat vaar. Dink aan die barmhartige Samaritaan wat sy beplanning vir die dag moes laat vaar toe hy die beseerde Jood op die pad tussen Jerigo en Jerusalem raakloop.

Uitdaging

Jesus daag ons uit om ons lewe te herdefinieer aan die hand van liefde tot God en naaste.

Ons word genooi om die Jesus Credo deel van ons diepste wese te maak:

    • Ons moet die woorde elke dag onthou en sê;
    • Ons moet die woorde toelaat om ons denke te beïnvloed, sodat ons ons lewe en ons keuses herbedink vanuit die liefde
    • Ons moet die woorde diep in ons hart laat insak, sodat ons die wêreld en die mense rondom ons met oë van liefde begin sien, en vanuit liefde en waardering teenoor hulle reageer
  • Ons moet die woorde toelaat om ons diepste begeertes te vorm, sodat ons die liefde van harte wil doen.

Dink weer aan Viktor Frankl, die Joodse psigiater wat 'n verslete bladsy met die Luister, Israel op in 'n nog meer verslete jas in 'n Duitse strafkamp ontdek het. Hy het beleef dat dit vir hom 'n doel gee om voor te lewe. Dit het hom deur hel op aarde gedra.

God se uitnodiging tot die liefde het die potensiaal om ons lewe diep te vernuwe.

Dag 4

Woensdag

Jesus word in Betanië gesalf (Matt. 26:6-13)

Jesus is `n gas by `n feestelike maaltyd in die huis van Simon die melaatse. Hy wat nie meer melaats gehad het nie,agv Jesus se genesing. Jesus weet wat vir Hom voorlê. Hy weet daar is baie min tyd oor. Hy weet dat iemand aan tafel, een van die mense wat Hy self genooi het om Hom te volg, Hom sal verraai. Jesus weet watter hel vir Hom wag.

Die dissipels verstaan nie. Hulle sien nie wat in Jesus se gemoed aangaan nie.

Maar ‘n vrou wat daar aankom, weet. Die ander evangelies vertel vir ons dit was Maria (Magdalena?). Hoe weet sy? Ons kan net spekuleer. Miskien was sy baie fyn ingestel op die stem van die Heilige Gees. Dalk het die Heilige Gees vir haar gefluister dat Jesus liefde en troos nodig het. Miskien was dit pure eerbied en liefde vir Jesus omdat Hy HY is. Ons sal nie presies weet nie.

Die feit bly – sy is fyn ingestel op die Heilige Gees se stem. Dalk het die Gees doodgewoon vir haar die aanvoeling gegee om te voel hoedat Jesus liefde en troos nodig het.

Die dissipels is, tipies mens, ingestel op die werk wat gedoen moet word. Die Pasga lê voor, ons moet regkry daarvoor. Het ons genoeg geld om vir die armes uit te deel hier oor die Pasga? Wat anders moet ons nog doen en regkry?

En hulle sien nie Jesus se pyn, hartseer en vrees raak nie. Hulle voel dit nie. Hierdie vrou voel dit. Sy voel dit uiters intens. Sy breek die hele flessie olie om dit oor Jesus se kop te gooi. Daarmee salf sy Hom in sy komende Koningskap aan die kruis. Sy berei hom voor vir sy dood, sê Jesus self. Sy salf hom ook as hoëpriester wat namens die mense ‘n offer gaan bring.

So baie dinge word in hierdie daad ingesluit. Olie is gebruik om konings hoëpriesters en ander ampsdraers te salf vir hulle taak – om daarmee te sê: hierdie olie is ‘n teken dat die Heilige Gees met jou is in jou taak. Hy sal jou daartoe help!

Ons moet egter ook hoor – daar word vir ons vertel dat dit spesifiek Nardusolie is. Olyfolie was baie beskikbaar. Die olie wat gewoonlik gebruik was vir salwing was ‘n mengsel van olyf, roosmaryn, dagga-, en nog ‘n paar olies. Hierdie vrou gebruik egter NARDUS-olie. Die duurste, skaarsste olie. Slegs verkrygbaar in die Himalayaberge tussen 11k en 17k voet – dele in Nepal, Bhutan en Sikkim

Met eerste oogopslag is daar iets verkwisttends in hierdie handeling en Judas (en van die ander maaltydgangers) is daarom ook nie baie gelukkig nie, hier is `n kapitaal wat verlore gaan sonder enige nut. Met streng en harde woorde vaar hulle teenoor haar uit.

Maar Jesus oordeel anders: “ sy het `n goeie werk aan my gedoen.” Hy het haar geprys omdat sy hom met volkome onselfsugtigheid aanbid het. Die kern van aanbidding is immers volkome liefde, eerbied en toewyding aan Christus, asook die bereidswilligheid om die kosbaarste in `n mens se lewe vir Hom op te offer.

As ons na hierdie gedeelte kyk sien ons egter vier dinge hier gebeur wat ek en u kan uitneem uit hierdie verhaal.

Eerstens, hierdie daad was `n goeie daad, omdat sy dit aan Jesus gedoen het. Onselfsugtig wil sy eer aan Hom bring. Sy doen dit om die hele bottel van reukolie op Jesus uit te gooi. Sy het dit nie gebring om met ander ook daarmee te salf nie, selfs ook nie gebring vir Simon nie, wat die gasheer by hierdie onthaal was. Sy bring dit in totaliteit na Jesus vir wie Hy is. Nog iets wat ons hieruit kan neem is dat sy die daad self doen om Jesus te salf. Sy kon moontlik iemand anders gevra het of `n slaaf gevra het, Nee sy doen dit self, `n bewys van haar totale offer aan Jesus. Nie vir enige selfverheerliking of aandag nie, of selfs eie gewin nie, maar alles doen sy vir Jesus.

Tweedens was hierdie `n goeie daad omdat dit `n daad uit liefde is wat sy hier openbaar. Hierdie liefde wat sy vir Christus deur hierdie daad bewys, vloei uit wat Hy vir haar kom doen het. Volgens Joh. 12 1-8 niemand minders as Maria die suster van Marta en Lasarus en Johannes vermeld   dat sy met hierdie daad iets aan Jesus probeer doen het met die oog op sy kommende dood. Hierdeur alle mense `n voorbeeld van opregte diens, dankbaarheid, toewyding en liefde.

Derdens is hierdie `n goeie daad deurdat sy die duurste reukolie gebruik het om Jesus te salf `n bewys van haar toegewydheid en offering aan Jesus. Dit is in skrale kontras met wat Judas wat Jesus vir slegs 30 munstukke beraai het. Sy het aan Christus die beste gebring en gegee.

Laastens is hierdie as `n goeie daad beskryf omdat sy dit in totaliteit doen. Niks het sy terug gehou nie. Sy het nie aan haarself gedink om vir haar van die olie oor te los nie, of selfs aan ander te gee nie. Hierdie daad was `n publieke getuienis van haar toewyding aan Jesus.   En nou is dit volgens Jesus ook vir on snog `n bewys van haar totale toewyding aan Hom.

Uitdaging

As ons na hierdie daad van hierdie merkwaardige vrou kyk, dan word ek en u uitgedaag om te kyk na onsself en hoe ons in verhouding met Jeus Christus staan. Wanneer laas het ek en u iets vir Christus gedoen? Net vir Christus en sy Glorie. Het ek die Here so lief soos hierdie vrou wat alles opgeoffer het, selfs al sou sy veroordeel word? Gee ons nog die beste aan Jesus? Ons beste van onself, van ons offers, ons beste lofdiere, ons beste om in diens van Hom te staan. Vertrou ons, onself toe tot God? Is ons nog toegewyd in totaliteit van ons lewe en nie net sekere tye as ons Hom nodige het nie?

Mag hierdie daad van hierdie vrou ons lei om in liefde, toewyding en onselsugtigheid in diens vir God te staan.Amen

Dag 5

Markus 14:32 en

Jesus in Getsemane

Eugene Petersen captures Jesus in Gethsemane well when he paraphrases the words of Jesus, in his translation of the bible “The Message”, “My Father, if there is any way, get me out of this. But please, not what I want. You what do You want?”

Om Getsemane reg te verstaan, laat ons kyk na die twee laaste gebede van Jesus Christus, dit is die Getsemane gebed, “Nie my wil maar U wil”, en die gebed op die kruis van Jesus, “Abba Vader in U hande gee Ek My gees oor.”

In Getsemane begin Jesus te bid “Abba Vader, alles is vir U moontlik”. Jesus weet dat God hierdie lydensbeker van Hom kan wegneem. Jesus weet dat die Vader hierdie pyn en smarte van Hom weg kan neem. Hy doen dit egter nie. Hy moes Jesus egter op die kruis verlaat. Hy moes hierdie pyn en lyding van Sy Seun Jesus Christus so te sê ignoreer. Nou is die vraag Kan iemand doen wat Jesus hier bereid is om te doen?

Jesus antwoord egter ook vroeer in die evangelies hierdie vraag met dieselfde twee dissipels wat ook nou daar in Getsemane is, Johannes en Jakobus, wat aan Jesus gevra het om een aan die regter kant en een aan die linker kant van Jesus te sit as Hy as koning in God se nuwe wêreld heers. Jesus antwoord onmiddelik met `n vraag, Julle weet nie wat julle vra nie, Kan julle die Lydensbeker drink wat Ek gaan drink”? en ook nou hier in Getsemane terwyl hulle saam met Petrus daar aan die slaap raak, het hulle nog nie verstaan nie.

Dit is interesant dat bekers ook `n simbool van ons lewens voorstel. Soos in verskillende sport soorte kry ons verskillende bekers, bronze, silwer en goud of selfs glas. En hierdie bekers stel vir ons vandag oorwinning, sukses, populariteit en mag voor. Maar ook kan bekers die dood voorstel, soos in die geval van Socrates die filosoof wat vergiftig was.

Maar die beker waarvan Jesus hier praat is nie `n simbool van oorwinning of selfs die dood nie. Maar `n simbool van lewe, gevul deur die dood, lyding en self vreugde wat ons kan drink as seëning op die weg na verlossing. En dit is waarom Jesus aan Johannes en Jakobus en ons vandag ook hierdie vraag stel, “Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink. Dis `n vraag wat ons daagliks gaan konfronteer met verskillende betekenis. Kan ons die smarte en die vreugde in ons dag tot dag lewe aangryp.

Johannes en Jakobus het seersekerlik geweet waarvoor hulle vra. Vir hulle het die gegaan oor mag, sukses en miskein rykdom. Miskien om meer respek en aandag te kry van mense. Maar om die beker te drink is nie om so gesien te word nie, om die beker te drink is om selfopofferende liefde, `n handeling met vertroue, `n handeling van totale oorgee(surrender) aan God wat gee wat ons nodig het, en wanneer ons dit nodig het.

Wanneer Jesus ons uitnooi om die beker te drink sonder die belonging wat ons verwag, is dit die uitdaginig van ons geestelike lewe. Dit breek deur ons verwagtinge. Dit vra dat ons radikale vertroue in God sal hê, dieselfde vertroue wat Jesus self gehad het in sy lewe.

Drinking the cup that Jesus drank is living a life in and with the spirit of Jesus, which is the intimacy between Jesus and Abba, his Father God, is an intimacy of complete trust. It is only love: completely open, completely free. That intimacy Jesus wants to give us so that we can drink ours. Jesus shows us his total surrender to pray in Gethsemane: "Not my will, but Thy will be done."

Hoe kan ek en u onself aan God oorgee(surrender)? Hierdie konsep is moeilik om te verstaan. Carl Jung sê, "Love demands unconditional trust and expect absolute surrender. Just as nobody but the believer who surrenders himself/herself wholly to God can partake of divine grace, so love reveals its highest mysteries and its wonder only to those who are capable of unqualified devotion."

Ek dink die moeilikste om onself oor te gee is om “te laat gaan” ,“letting go”. Ons wil nie graag God toelaat om in beheer te wees nie. Ons lewe in tye waar ons self in beheer van alles wil wees. Ons lewens en ook die toekoms wat ons beplan.

As ons na Jesus se laaste gebed egter kyk, Roep hy uit Vader aan u Gee ek my Gees oor. In totaliteit gee hy hom oor, sy vertroue in God. William Barcley skryf, Jesus died with a prayer on His lips, Father into Your hands I commit my spirit.’ Met `n kinderlike vertroue, Surrender hy Homself aan God en Sy wil. Hierdie woorde was ook die woorde wat Joodse moeders aan hulle

kalmeer in Sy siel en laaste oomblikke. Ja hierdie laaste woorde en gebede is vir ons `n getuie van wat die lewe is. Hy het Sy lewe begin met God en nou eindig Hy ook sy aardse lewe met God. Hierdie woorde van God het ook oor die eeue groot name in die geskiedenis beinvloed toe hulle sterwe, soos St Augustine, Polycarp en vele ander.

In hierdie gebede, sien ons dat dit `n gebed van Totale Oorgawe is aan God, dit is `n gebed van Versekering en Vertroue in die Liefde van God. En dit is `n gebed van Totale Verbondheid- Jesus wat God toevertrou, om die kruisgebeure te seen.

Uitdaging

Richard Rohr says, "Faith might be precisely that ability to trust the river, to trust the flow and the love. . . . . There is a river, the river is flowing; we are in it. The river is God's providential love."  

Vertrou u die liefde van God vir u lewe? Kan u in totale oorgawe uself gee(surrender) aan God? Kom en laat ons Jesus se laaste gebede, hierdie oorgee (Surrender) gebed oordink terwyl ons in hierdie tyd onsself gereed maak vir Goeie Vrydag, Nie my wil, maar U wil, In U hande gee ek my gees.

Amen

Bronne

Bybel in praktyk

Seisoen van Luister

https://carljungdepthphsycologysite.blog

Soeklig – Fokus op Mattues – Dr Jan Venter

Mcnight, Scott – The Jesus Creed

New daily study Bible – William Barcley

The Massage – Eugene Petersen