Kerkkoor stel CD bekend
Kerkkoor stel CD bekend
Die kerkkoor van die Volkskerk van Afrika, Oudtshoorn, het op Saterdag 9 September 2017 geskiedenis gemaak met die vrystelling van hul eerste CD. Dit is gedoen by ‘n glansgeleentheid wat in die Protea Volkssentrum aangebied is. Die aand is opgehelder met sang van gaskunstenaars soos brs Fanie Daries, Lesley Meiring en sus ……..Die aand is afgesluit met die sing van vyf pragtige liedere deur die kerkkoor.
Die koorleier, br Kiewiet Manuel, het op die volgende wyse hulde gebring aan sy voorgangers wat diep spore getrap het en ook die gemeente bedank vir hul volgehoue ondersteuning:
ONS KYK TERUG.......EN Sê DANKIE
Wanneer ons, die Kerkkoor van die Volkskerk van Afrika, Oudtshoorn gemeente, vanaand terug kyk na die vervloë jare, is dit met 'n tikkie heimweë in ons harte. Ons dink met nostalgie aan ons kerk se jare van stryd, sukkel en swaarkry, maar ook van blydskap en vooruitgang waarvan die kerkkoor altyd 'n deel was. Vanaand kan ons nie vir u die presiese datum van die stigting van die eerste kerkkoor gee nie, maar ons reken dat die kerkkoor so oud soos die Oudtshoorn gemeente self is.
Deur hierdie eerste CD van die Volkskerk van Afrika Kerkkoor wil ons alle dank en eer aan ons Hemelse Vader bring. Ook wil ons hiermee hulde bring aan al die vorige koorleiers wat skouer aan die wiel gesit het en na die beste van hul vermoë die koor gelei en uitgebou het. Koorleiers wat deur wind en weer, somer of winter, reën of sonskyn hul pad na die kerk gevind het om die koor af te rig. Koorleiers soos Mnr Sam Powrie, Sr Nellie Rensburg, Mnr Nicholas Michaels, Mnr T. J. Thyse en Juffrou Dinah Brown wat getrou, doelgerig en onverpoosd die pad met hul koorlede gestap het om deur sang die Hemelse Vader te verheerlik.